» Features
» Fiction
» Reviews


 - Join Here - Terms & Conditions - What is Writers Club?

|
FEATURES
Vader Krismis in Bedrog-Skok
Deur Charl Pou, Europese Verslaggewer
PARYS - Kort voor spertyd gister kon bevestig word dat Vader Krismis wel skuldig is aan grootskaalse bedrog sedert so vroeg as ten minste die laat 1500s.
Volgens 'n persverklaring wat gister deur Vader Krismis se hoofkantoor te Euro-Disney vrygestel is, word daar nou erken dat Vader Krismis al vir die afgelope paar honderd jaar in verskeie besigheidstransaksies met die onderwęreld gewikkel was, wat onskuldige kinders en welsynsorganisasies vir 'n ride gevat het.
Ons Klyntji het 'n eksklusiewe lys van skulderkennings ekslusief by die Mail&Guardian gesteel:
1. Vader Krismis kry blykbaar royalties van SANTA vir die gebruik van sy naam.
2. Die blaam vir beide die Negende Grensoorlog tussen die koloniste en die Xhosas en die Amerikaanse Vryheidsoorlog lę voor die deur van Vader Krismis. Dit is nou ontbloot dat die direkte oorsaak van beide hierdie oorloë te doen gehad het met die verskaffing van goedkoop arbeid aan
Vader Krismis se sweatshops in die Ooste.
3. Vader Krismis gebruik reeds sedert die tyd van Vasco da Gama goedkoop arbeid in die Ooste. Wat onskuldig begin het met skulp-krale en neusringe het vandag ontaard in Nikes, Barbies en N'Sync action figures.
4. Almal weet teen die tyd al dat Switserse banke die Nazis gebankroll het. Nie almal weet dat Vader Krismis al sedert die val van die Romeinse Ryk 'n bankrekening in Switserland het nie. Hy moes op daardie stadium baie van sy vaste bates (die Coliseum, die Voortrekker Monument, die kontinent Australië) van die hand sit en die geld is toe vas belę in Switserland. Dit is ook blykbaar geen toeval dat Swiss Army Knives se kleurskema ook rooi en wit is nie. Dan is daar natuurlik nog die hele Switserse vlag-issue om te verduidelik. Om van die Rooi Kruis organisasie nie eers te praat nie.
5. Tydens die ekonomiese insinking wat Europa en die Westerse węreld gedurende die Franse Rewolusie, die Groot Depressie en die 24-uur uitsaai
van Big Brother getref het, het Vader Krismis sy inkomste aangevul deur toestemming te gee dat Colombiese dwelmbaronne kokaďen in opgestopte speelgoed bestem vir die Kersboom kon deursmokkel. Vader Kersfees, soos almal weet, het nie 'n paspoort nie en hoef nooit in- of uitvoer belasting te betaal nie. Sy vrag word dus nooit deursoek nie en, anyway, sy sleë vlieg altyd onder die radar. Boonop dien Vader Krismis ook op die Veiligheidsraad in die Verenigde Nasies en veto hy gereeld planne om die węreld van kinder-arbeid te bevry.
6. Tydens die regering van Julius Caesar het Vader Krismis vertoë gerig aan die Heilige Romeinse Ryk om Kersfees twee ker per jaar te vier om sodoende wins die hoogte in te laat skiet. Die Vatikaan het na 'n 17-jaar lange koukous die idee van die hand gewys, maar wel toestemming gegee dat Vader Krismis onder 'n skuilnaam die Paasfees-merchandising kon bedryf, mits hulle 'n cut van die winste kon kry. Paasfees het in daardie stadium baie gestruggle weens die
feit dat die erdvark hulle mascot was. Die Paashaas was 'n touch of genius en het binne tien jaar die skade wat deur die Paasvark aangerig is begin omsit in positiewe kerkbywoningsyfers en black haggis-verkope (sjokolade is eers honderde jare later in die vorm van Paashase gegiet, toe dit uiteindelik van die verowerde kolonies begin inkom het.)
Dit is onduidelik waarom Vader Krismis in hierdie laat stadium van sy lewe - hy is al bykans 4500 jaar oud, sommiges beweer hy is Metusaleg se halfbroer - skuld op hierdie misdade erken. Kollegas wat hom goed ken, reken dat hy "al effens siniel is en dalk 'n onverwagse ethics-aanval gekry het".
Ander reken dat hy nie meer soveel geloof het in die "hele Kersfees/welwillendheid scene" nie en dat hy in elk geval besig is om te kyk na 'n merger met die TimeWarner/AOL groep sodat hy ook beheer kan kry oor die Disney karakters en die teen-pop market van Britney Spears en so meer.
Vader Krismis is al gequote dat hy reken "computers
alles gaan oorneem" en dat virtual 3-D Kersbome die volgende groot ding is. Hy reken ook dat die rol van die kerk by Kersfees met die jare "superficial en bloedsuier-agtig" geword het. "Wie't 'n meer bekende gesig? Ek of Jesus?", het hy aan 'n jillende skare gevra by die MTV-Europe Awards in 1998, kort voordat hy 'n weergawe van 'Smooth Criminal' saam met Michael Jackson en Alien Ant Farm gesing het.
Volgens meeste werknemers by die hoofkantoor, was dit "totaal onnodig" en hulle vrees nou 'n groot val in die maatskappy se aandele, gevolg deur grootskaalse afdankings en 'n toename in ondersteuning vir Vader Krismis se naaste teenstanders op die gebied van hegemoniële węreld-oorheersing, naamlik Kylie Minogue, Hello Kitty produkte, Tiger Woods en Big Bad Brad.
Conspiracy-theorists kan egter gerus slaap, want die volgende bewerings is as "loutere snert" afgemaak deur die persverklaring:
1. Vader Krismis het niks te doen gehad met die bou van die piramides nie.
Volgens hom was hy self nog nooit eers in Egipte nie, want daar bly meestal Moslems en die Christene daar kry hulle geskenke per mail order. Hy't egter die Egiptenare gelukgewens met die knap bemarkingstrategie wat hulle die afgelope tweehonderd-jaar aangewend het om driehoekige geboue in die woestyn as iets spesiaal aan toeriste te verkoop.
2. Vader Krismis het geen direkte verbinding met El Qaida nie en is al sedert die eerste paar honderd jaar van die vorige millennium op slegte voet met Moslem-leiers omdat hulle sy planne om Kersfees in die Koran te sit as blasfemistiese kettery van die hand gewys het. Om die waarheid te sę, is die hele afvaardiging van Vader Krismis se maatskappy op daardie geleentheid summier van kant gemaak.
3. Hieruit volg dus ook logies dat Osama bin Laden nie Krismis Vader is nie, alhoewel kleurblinde mense gereeld die konneksie maak. Krismis Vader se baard is wit, Osama s'n is swart.
4. Vader Krismis kon ook nog nooit 'n merchandising deal
strike met die Dalai Lama in verband met Boeddha-beeldjies nie. Volgens die verklaring is die integriteit van die Dalai Lama "waterdig".
5. Vader Krismis is nie 'n kindermolesteerder nie. Dit is belaglik om te dink dat hy hom op so 'n walglike wyse van sy teikenmark sal vervreem. "Vader Krismis het niks om weg te steek nie," lui die verklaring, "hy is heteroseksueel en steeds baie aktief ondanks sy ouderdom. Sy mees onlangse metgesel was Moeder Theresa en voor dit 'n hele rits seks-simbole wat Joan of Arc, Cleopatra en Mariëtta Kruger insluit."
Van die 50 kinders wat gister vir kommentaar gevra is, was almal dit eens dat nie een van hulle glo in Krismis Vader nie, of dat hulle nog nooit van hom gehoor het nie. Twaalf het gereken dis 'n nuwe Playstation game, sewe het gedink dis Puff Daddy se nuwe naam en een het gedink dit het iets te doen met Star Wars.
Dit is op hierdie stadium onduidelik of Kersfees hierdie jaar gaan gebeur of nie. 'n Groep boere van Ellisras se
omgewing het reeds genoem dat hulle bereid is om Dingaansdag op 25 Desember te vier indien dit "OK is met almal".
(voorheen gepubliseer in 'Ons Klyntji', Februarie 2002)
|  |  |