DANIEL BOTHA




- Join Here
- Terms & Conditions
- What is Writers Club?


FEATURES
Balgame

"Take me out to the ball game,
Take me out with the crowd.
Buy me some peanuts and Cracker Jack,
I don't care if I never get back,
Let me root, root, root for the home team,
If they don't win it's a shame.
For it's one, two, three strikes, you're out,
At the old ball game."

So gaan die koor van die bekende liedjie wat jy seker al een of ander tyd op televisie of in 'n film gehoor het. Dit is die Amerikaanse nasionale sport vir die somer maande, in die winter is dit Amerikaanse voetbal en dit is 'n heeltemal ander storie, dis 'n spel wat ek nog nie so goed verstaan nie, dit is glad nie soos rugby of eens sokker nie en die reëls wil voorkom asof dit opgemaak word soos hul speel. Baseball kan vergelyk word met krieket behalwe dat dit meer informeel is, of sal ek eerder sê "Less British", dit het waarskynlik 'n oorsprong in 'Rounders'

Ons is die aand op die moltrein uit na Yankee staduim, die trein was volgepak met geesdriftige toeskouers, meeste met Yankee hemde en kepse op, dit is soos 'n krieket toerbus, behalwe daar word nie drank op die treine toegelaat nie, maar jy kry tog die idee. Hul speel gewoonlik so drie wedstryde in 'n ry waar hul ookal speel, ons het die tweede wedstryd bygewoon, die vorige aand se wedstryd het die Yankees verloor en gemoedere was swaar maar baie positied vir 'n 'comeback' en so was dit toe ook, die Yankees het 'n wonderlike spel gehad behalwe vir een van die sterspelers wat die bal laat val het in 'n vang poging, die skare het hom nie maklik daarvoor vergewe nie.

Dit is nou 'baseball' tyd in Amerika en die koors loop hoog, amper almal gesels baseball. Ek het besluit om 'n wedstryd te gaan bywoon by Yankee staduim - nog 'n bekende naam as jy al ooit 'n Amerikaanse film gesien het; die New York Yankees. Die Yankees is egter nie die enigste span van New York nie, soos meeste ander sporte in die VSA is baseball 'n geld sport, as jy genoeg geld het en genoeg goeie spelers bymekaar kan bring kan jy jou eie baseball span begin, maar wees gewaarsku dit is 'n GROOT GELD speletjie. Nog 'n interesante feit, die spanne ding mee reg oor die land en dan teen die einde van die seisoen word die wenner aangewys as wêreld kampioene want sien daar is nou nie juis veel ander lande in die wereld waar baseball so groot is as in die VSA nie.

Baseball word wel gespeel in sommige Europese en Suid-Amerikaanse lande en is besig om groot aanhang in Japan te kry. Juis die spel wat ek gaan kyk het was tussen die NY Yankees en Seattle Mariners, en daar was 'n groot baseball ster van Japan in elke span, daar was ook goeie ondersteuning op die pawiljoen elke keer as een van hulle die kolf in die hand gehad het.

Dit kan nogal 'n vervelige en langdradige spel word, nie juis 'n verskriklike opwindende en aksie belaaide spel nie, hoewel dit die potensiaal het soos as iemand 'n 'homerun' kry. 'n Strike is as die bal regoor die 'base' gaan waar die 'batter' staan, genoem die 'strike-zone' hy hoef nie noodwendig die kolf te swaai nie, dit is net as die bal goed gegooi was word dit gereken as 'n strike. Ek leer ook nog die reëls van die spel maar dit is baie meer logies en verstaanbaar as voetbal. En ek woon gereeld my nefie se Graad 4 oefeninge by so ek begin die spel al hoe beter te volg.

Yankee staduim is in die Bronx geleë en is geopen in 1923 en het vandag 'n kapasiteit vir 67 000 mense - dit is baie baseball geesdrifitgers. Langs die staduim is daar 'n straat vol winkeltjies wat Yankee en baseball memorablia verkoop. Met ons besoek was die stadium redelik leeg, maar gedurende die 'playoff' tye kan dit redelik bedruk raak, ek glo nie ek sal graag daar wil vasgekeer wees nie, alhoewel die gees van die skare en die belewenis tydens 'n 'playoff' nogal 'n ervaring moet wees wat die moeite werd is om deur te maak. Blykbaar is die skare by Yankee staduim of eintlik aan die Noord-oos kus bietjie meer agresief as in die Suide of Mid-weste, of so word beweer oor die radio en televisie, ek het nog nie die voorreg gehad om 'n spel daar by te woon nie. Die gees is baie beter en heelwat meer gemoedeliker, en almal is daar om hul te geniet en raak nie sommer aggresief oor die spel nie. Dis sekerlik so iets soos Kings Park en Loftes, ek het al gesien dat die manne in die ou Transvaal nogal moeilik kan raak as hul span nie na wense speel nie, en sommer ook as hul span wel na wense speel. Sekerlik is die 'dudes' en 'dudetes' aan die kus meer 'relaaaaaaaaaxed', wat geografies die omgekeerde geval is hier in die VSA.

My eerste 'baseball game' ervaring was om oor huis toe te skryf, die aand na die spel oppad terug huis toe was almal opgewonde en die treine was gelaai, dit is 'n lekker gevoel om die gees tussen almal so te voel en ek moet sê ek het verlang na feestelike atmosfeer by Kingspark na 'n wedstryd. Ek het maar voorlopig die New York Yankees gekies as my gunsteling span want ek bly in die New York omgewing en hul is die beste span, so ek behoort darem veilig te wees as ek 'n wetenskap maak op my span. As ek weer 'n baseball wedstryd bywoon sal ek my NY Yankees hoedjie dra sodat ek inpas by die ander geesdriftiges. 'n Laaste interesante feit - die 'NY' simbool van die Yankees, met die rondings in die letters was deur die bekende en ekslusiewe winkel Tiffany's ontwerp.