![]() |
![]() ![]() |
|
| FEATURES Opsoek na die Amish Vroeg môre klouter ons in die ‘mini-van’ gereed vir ons besoek aan die vreemde mense met die donker klere, Abraham Lincoln baarde en kappies. Ja, ek het soos ‘n goeie toeris gaan kennis maak met ‘n groep mense bekend as die ‘Amish’. En ook soos ‘n toeris het ek deur die strate gery en uitgekyk vir enige vry-lopende Amish-mense. Ek het aanvanklik nie veel van hulle gesien nie, maar Sondag het heelwat van hulle uit hul gate gekom. Uitgevat met hulle donker pakke, swart hoede en die vrouens met swart voorskote en kappies, jaag hul verwaand in die strate rond met hulle perde karre, of ‘buggy’s’. Die kleredredrag word bepaal volgens hul stand in die lewe; dit is nou hul trou stand, nie welstand nie, want vir die Amish is rykdom ‘n ewil. Die mans trek as volg aan: As klein seuntjie ‘n swart pakkie en gekleurde hempie, enige kleur. Die ouer seun wat gereed voel vir ‘n romantiese afspraak met ‘n hubare Amish dame met ‘n wit voorskoot. Hy kan sy vader vra om die ‘buggy’ te gebruik. Vir sy afspraak moet hy egter in ‘n oop buggy ry sodat almal kan sien wat gaan in die buggy aan Tot die staduim is die seun se gesig skoongeskeer. Indien die romanse suksesvol is en die twee duifies stem in tot ‘n huwelik sal die twee se klere drag verander. Eintlik sal sy kleredrag omtrent dieselfde bly, hy sal net ‘n baard begin groei. Vir haar is die kleredrag ontwikkeling as volg: Van babatjie tyd af dra sy ‘n rokkie, enige kleur met enkele knopies op die rug, bo-oor die rok dra sy ‘n wit voorskoot en ‘n wit kappie. Die tiener meisie dra dieselfde tipe klere behalwe dat haar klere nie knope aan het nie, knope is soos juweliersware en word glad nie toegelaat nie. Die bybel sê net dat ‘n vrou haar nie met juweliersware mag versier. Haar rok en voorskoot word met kopspelde vasgesteek. Indien sy gereed voel vir ‘n romantiese verhouding met ‘n hubare Amish seun dra sy ‘n swart kappie as teken van haar ‘beskikbaarheid’. Na die huwelik dra sy nou ‘n rok en swart voorkoot en ‘n swart kappie. Die Amish is ‘n baie skugter spesie en hou nie daarvan om hul voorkoms te verewig op ‘n kamera nie, hulle glo dit is selfverheerliking en bowendien mag hulle nie ‘n spieel gebruik nie (en wat is ‘n foto dan nou anders as ‘n agter-die-tyd spieël?). Nietemin, kry ‘n mens poskaarte met Amish mense op - ek eken dit is sekerlik nie-Amish mense wat ‘n Amish Broeder en Suster se klere geleën het. Volgens ons toergids, laat die Amish hulle soms ooreed tot ‘n fototjie of twee, maar dit gebeur baie weinig. Die Amish is hoofsaaklik boere, maar nie bestaansboere nie. Hulle produseer wel genoeg om te verkoop, en ek glo hulle produseer ‘n substansiële deel van die land se groente, vrugte en melk produkte. Die plase is wel nie baie groot nie en is naby mekaar, wat kontak tussen hulle makliker maak want hul is ‘n redelike noue gemeenskap. Die Amish is ‘n godsdientige groep mense met ou wêreldse reëls en waardes. Hulle is skepties oor tegnologie en moderne lewenswyse want hulle wil nie vasgevang word in die afhanklikheid van moderne luukshede nie. Hulle gebruik nie elektrisiteit nie want dit sal hulle afhanklik maak van die elektrisiteitsvoorsienings maatskappy of die staat. Hul het ook deur onderhandelinge daarin geslaag om nie by te dra tot ‘social security’ nie. ‘Social security’ is amper soos werkloosheidsversekering of ‘n belasting wat gehef word sodat die staat vir jou kan sorg as jy self nie kan nie. Jou ‘social security’ nommer is jou identiteitsnommer - jou toegang tot die lewe in Amerika. Daarsonder word jy nie erken nie. Die Amish mense reken egter hulle het nie ‘social security’ nodig nie want hul sien na hulle self en na hulle eie mense om, Waneer hulle dan oud is en nie meer vir hulle self kan sorg nie sal hul nie op die staat aangewese wees om vir hulle te sorg nie - hulle eie gemeenskap sal na hulle omsien.
Ek dink die Amish is ‘n wonderlike gemeenskap by wie ons baie kan leer, maar ek dink egter
hul
lewenstyl is te streng vir my gerief. Hoe sal ek dan nou ooit sonder my e-pos kan klaarkom? Miskien moet die Amish dit oorweeg om ‘n wegbreek paket te bemark aan die beroemdes van Hollywood. Amper soos ‘n Buddhistiese klooster waar hul kan wegbreek van hul stresvolle lewe, buite bereik van lastige agente en pers fotograwe, waar hul so bietjie kaalvoet in die land kan groente pluk met beesmis tussen die tone, (daar is niks soos beesmis tussen die tone om jou weer deel van die aarde te laat voel nie). Dit kan ‘n hele nuwe modegier word....
| ||